CrimeLocal newsNews

Skoonsus gaan in Junie in die streekhof verskyn

Melissa Vice se man, Sam Vice, het haar vanoggend in die hof ondersteun.

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar swaer verlede jaar vermoor het, het vandag vlugtig in die eMalahleni-landdroshof verskyn.


Melissa Vice, geklee in ’n warm baadjie, het vinnig haar plek ingeneem toe haar saak uitgeroep is.


Die saak is nou na die streekhof verwys en is uitgestel tot 17 Junie.


Haar man, Sam Vice, was saam met haar in die hof.


Vice is in Desember verlede jaar in hegtenis geneem nadat die liggaam van Willie Visser naby Seekoeiwater gevind is.


Visser was vroeër as vermis aangemeld.


Tydens ’n vorige hofverskyning het skokkende getuienis aan die lig gekom oor die verloop van die dag.


Vice het Visser glo by ’n winkelsentrum opgetel. Hulle het ’n tyd lank in Hoëveldpark rondgery voordat sy by Seekoeiwater gestop het.

LEES MEER HIER Verdagte gearresteer op moord van man wie se lyk in Seekoeiwater gevind is

Daar word beweer dat sy hom verwurg en met ’n voorwerp teen die kop geslaan het.


Sy het hom glo uit die bakkie getrek en sy persoonlike besittings in die veld ingegooi.

LEER MEER HIER Vermoorde man se skoonsuster in die hof


Vice het later aan die polisie uitgewys waar die oorledene se besittings weggegooi is.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button