MW007483
KENNISGEWING AANSOEK OM SPESIALE VERGUNNINGSGEBRUIK IN TERME VAN KLOUSULE 11 VAN DIE EMALAHLENI GRONDGEBRUIKSKEMA 2020, GELEES TESAME MET GEDEELTE 80 VAN DIE EMALAHLENI RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR VERORDENING, 2016 Aansoek vir `Spesiale Vergunningsgebruik` op Erf 1, Northfield gelee te Eileenlaan, Northfield (Witbank) Hierby word kennis gegee dat ek, die ondergetekende van voorneme is om aansoek te doen by die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit vir toestemming om `n Gastehuis op bogenoemde eiendom/grond te bedryf. Die eiendom is tans as `Inrigting` soneer. Planne en/of besonderhede van die aansoek mag vanaf 11 September 2026, gedurende normale kantoorure nagegaan word by die volgende adres: Direktoraat Ontwikkelingsbeplanning, 3de vloer, Burgersentrum, Mandela Straat, Emalahleni, 1035. Kontak besonderhede van betrokke Munisipale Amptenare is soos volg: Me. M. Demas (013 690 6354)/ Mnr. V. Manyoni (013 690 6480.) Enige persoon of persone wat enige beswaar het teen die toestaan van die aansoek, moet sodanige geskrewe beswaar volledig gemotiveer, soos vereis in Gedeeltes 103 en 104 van die Emalahleni Ruimtelike Beplannings- en Grondgebruikbestuursverordening, 2016, indien by die Munisipale Bestuurder, Posbus 3, Emalahleni sowel as die ondergetekende, nie later nie as 12 Oktober 2026. Enige persoon wat nie kan skryf nie sal tydens kantoor-ure deur `n amptenaar by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bygestaan word om kommentaar in te dien. Besonderhede van die agent: Jaco Peter le Roux (Pr Pln 1467/2011), Afriplan CC (1994/029217/23), John Magagulastraat 14, Middelburg 1050. Tel: 013 282 8035 E-mail: jaco@afriplan.com/vicky@afriplan.com
Reference Number: MW007483