TA017483
KENNISGEWING MSUKALIGWA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT: KENNISGEWING VAN AANSOEK VIR SKRIFTELIKE TOESTEMMING EN TOESTEMMING OM TE HUUR: IN TERME VAN ARTIKEL 98 VAN DIE `SPATIAL PLANNING AND LAND USE MANAGEMENT BY-LAW FOR MSUKALIGWA LOCAL MUNICIPALITY, 2016`, SAAMGELEES MET `SPLUMA, 2013 (ACT NO. 16 OF 2013)`
Maxim Planning Solutions (Eiendoms) Beperk, Registrasienommer:
2002/017393/07, hierin verteenwoordig deur Johannes Benad`, synde die gemagtigde agent van die eienaars van Gedeelte 1 van die plaas Welgelegen No. 322-I.T., Resterende Gedeelte van Gedeelte 2 van die plaas Uitkomst No. 292-I.T. en Resterende Gedeelte van Gedeelte 14 (`n gedeelte van Gedeelte 9) van die plaas Mooiplaats No. 290-I.T, gee hiermee ingevolge Artikel 98 van die `Spatial Planning and Land Use Management By-Law for Msukaligwa Local Municipality, 2016`, kennis dat ons in terme van Artikel 80 van die voorafgaande Verordening saamgelees met die *`Spatial Planning and Land Use Management Act, 2013 (Act No. 16 of 2013)` en met Klousule 10.1 van die “Msukaligwa Local Municipality Land Use Scheme, 2021” by die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het vir skriftelike toestemming om die bo- vermelde eiendomme, gele` 10km Suid-Oos van Ermelo, vir die doeleindes van hernubare energie, met spesifieke verwysing na `n groen waterstof en ammoniak fasiliteit, insluitende kragnetwerk aansluiting infrastruktuur, na verwys te word as “Camden Green Hydrogen and Ammonia Facility” te gebruik, asook vir toestemming om die betrokke eiendomme vanaf die grondeienaars te huur, vir die doeleindes van die fasiliteit. Die voorgestelde ontwikkeling sal bestaan uit die oprigting en bedryf van `n hernubare energie fasiliteit, na verwys te word as `n groen waterstof en ammoniak fasiliteit, om gekoppel te word met die naby gele` hoof transmissie substasie. Die oorblywende gedeeltes van die betrokke eiendomme gaan steeds vir landboudoeleindes gebruik word.
Besonderhede van aansoek l` ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Direkteur: Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit, hoek van Taute- en Kerkstraat, Ermelo, vir `n tydperk van 30 dae vanaf
11 September 2026. Besware teen of verto` ten opsigte van die aansoek, saam met die redes daarvoor, moet binne `n tydperk van 30 dae vanaf
11 September 2026 skriftelik, of mondelings indien die beswaarmaker nie kan skryf nie, by of tot die gemagtigde agent en die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 48, Ermelo, 2350 ingedien of gerig word. Sluitingsdatum vir die indiening van kommentaar, beswaar of verto` is 12 Oktober 2026. Enige persoon wat nie kan skryf nie mag gedurende kantoorure die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit besoek, waar `n aangewese amptenaar van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (Mnr. Zethembe Madonsela 017-801-3487) daardie persone sal assisteer deur die kommentaar, beswaar of verto` te transkribeer.
ADRES VAN GEMAGTIGDE AGENT: MAXIM PLANNING SOLUTIONS (EDMS) BPK (2002/017393/07), EENHEID 35 CORPUS NOVEM KANTOORPARK, DR. YUSUF DADOOLAAN 35, WILKOPPIES, KLERKSDORP, 2571, POSBUS 6848, FLAMWOOD, 2572, TEL: 018-468 -6366, e-pos: johannes@maxim.co.za
(2/1968)(Camden Green Energy)
Reference Number: TA017483