LettersOpinion

Padreëls geld ook vir motorfietsryers

Ek verstom my aan die arrogansie van sommige motorfietsryers

Vrydagmiddag sit ek en my seuntjie tydens etensuur voor “geduld”-brug. Ek verstom my aan die arrogansie van sommige motorfietsryers wat in die middel van twee bane ry en dan sonder enige waarskuwing links of regs voor jou inswenk.

Jy moet maar noodgedwonge padmaak. Ek dink ook daaraan dat motorbestuurders soms die skuld kry van dat “hul nie kyk nie” wanneer ’n motor en ’n motorfiets in ’n botsing betrokke is.

Presies ses motorfietse en nommer vier stamp my spieëltjie. ’n Afleweraar van ’n toebroodjie-wegneemwinkel. Mevrou die eienaar se houding was jammerlik nie beter as die afleweraar se bestuursvernuf nie.

Mevrou die eienaar, een spieëltjie gaan my nie verarm nie, maar jou houding teenoor Jan Publiek wel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button