
Ek wat ‘n jarelange vriendin van me. Corrie Roets (Johan Roets se moeder) is, se hart het stukkie vir stukkie gebreek.
Om ‘n gryskop moeder te sien wag en treur by die kerk vir haar geliefde seun se oorskot. Doves, niks wat julle se kan die trauma verbeter nie, julle het jammerlik gefaal, vir jul was dit seker net ‘n kadawer vol kieme, maar Johan Roets was ‘n geliefde persoon vir sy ouers, familie en vriende.
Ek dank die Vader dat my geliefdes se rou- en begrafnisdienste, deur Neels Koekemoer, vroutjie en personeel gedoen is. Daar word mens met respek en simpatie behandel, Solidariteit ek en baie van julle lede, is teleurgesteld oor jul standaarde, wat so geval het.
Was die goedkoopste begrafnispakket en die paar Rand wat gespaar is, die moeite werd? Indien so iets met my geliefdes moes gebeur het, sou Doves nooit weer besigheid gedoen het nie, want ek sou persoonlik daai plek met my kaal hande, steen vir steen tot op die fondasie afgebreek het.
Die hele gebeure laat ‘n bitter smaak in ‘n mens se mond.
