LettersOpinion

Baie dankie Jo

Ons kan so maklik sê die land is in sy dinges in, maar dis met opgewondenheid dat ek vandag hierdie briefie skryf.

So gaan soek ek drie boeke in die dorpsbiblioteek op ‘n Saterdagoggend. Dis boeke wat voorgeskryf word aan studente en glad nie bekende boeke is nie.

Ek was effens haastig, aangesien die Sharks-wedstryd binnekort sou begin. Jo van Papendorp het my dadelik gehelp en die boeke oral gaan soek, aangesien die sisteem nie gewerk het nie. Ons kon net een boek kry. Sy het my nommer geneem en gesê sy sal die ander boeke vir my probeer soek.

Groot was my verbasing toe sy my twee dae later laat weet sy het nog ‘n boek opgespoor by die Klipfontein-tak.
Baie dankie Jo! Die munisipaliteit kan opreg trots wees op jou puik dienslewering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button