OpinionRecipes

COQ AU VIN – HOENDER IN WYN POTJIE

Net om te bevestig, indien jy dalk wonder, jy bedien die gereg saam met rooiwyn.

In my ondervinding word die? beroemde en klassieke Franse dis die beste berei in ‘n potjie op ‘n vuur met Suid-Afrikaanse wyn. Wanneer jy wyn in jou kos gebruik, behoort dit van dieselfde gehalte te wees as wyn wat jy sal drink. Dit beteken natuurlik nie dat jy ‘n goeie bottel wyn spesiaal vir die? resep hoef oop te maak nie. As jy mense met ‘n braai onthaal het en daar is ‘n paar halfgedrinkte bottels wyn oor, is di?t die dis wat jy moet maak. Jy het altesame een bottel se rooiwyn nodig, maar dit kan ‘n mengsel wees solank alles van billike gehalte is.

WAT JY NODIG HET (vir 6 honger gaste)

2 sopies olie of botter
omtrent 20 klein uitjies (soos wat jy sou inle?; afgeskil en heel)
1 wortel (opgekap)
pietersielie (fyngekap, dieselfde volume as die opgekapte wortel)
4 takkies vars tiemie
1 pakkie gerookte streepspek
1 pakkie heel knopie- sampioene (omtrent 250 g)
2,5 kg hoenderstukke (enige mengsel van dytjies, boudjies en borsies)
1 sopie koekmeel
1 bottel rooiwyn
1 sopie tamatiepasta
2 teelepels sout
2 teelepels swartpeper (grof, varsgemaal)
1 sopie pietersielie (fyngekap)

LAAT WAAI!

As jou hoenderstukke vel aan het, trek dit af in die geval van stukke waar dit maklik is om te doen, soos dytjies en borsies. Los maar die vel aan moeilike stukke soos boudjies.
Sit jou pot op medium hitte en voeg die olie en botter by. Sodra daar hitte is, voeg jy die uie, wortels, pietersielie, tiemie, spek en sampioene by. Braai oor medium hitte totdat die spek goudbruin begin raak.
Voeg die hoenderstukke by en braai vir ‘n paar minute tot effens bruin.
Strooi die meel oor alles en roer om die hoenderstukke daarmee te bedek.
Voeg die rooiwyn en tamatiepasta by en roer deeglik. Sit die pot se deksel op en laat prut vir 60 minute tot sag. Haal die deksel af en laat ‘n bietjie van die vog uit die sous verder afkook.
Voeg sout en peper by na smaak. Haal van die hitte af, voeg die pietersielie by en bedien met gekookte wit rys.

EN …

Net om te bevestig, indien jy dalk wonder, jy bedien die gereg saam met rooiwyn.

Recipe Source: Braai.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button