Local sportSport

Gekies om in Dubai te speel

Gerco en Damian sal hul posisies as stutte inneem en Dylan speel haker

Drie van eMalahleni se jong manne gaan die New Beginnings Sportklub se naam hoog hou op die rugbyveld in Dubai.

Gerco Smith, Damian Pitout en Dylan Pretorius is op 23 Julie verkies om aan die HSBC Sewes Toernooi deel te neem wat in Dubai gaan plaasvind.

Die seuns vorm deel van die o.19 sewesspan.

Die toernooi strek van 3 tot 9 Desember.

Gerco en Damian sal hul posisies as stutte inneem en Dylan speel haker.

Al drie die seuns het in 2018 gematrikuleer by die Hoër Tegniese Skool.

Hulle speel al van graad 8 af in dieselfde rugbyspan en het ook saam vir HTS se eerste rugbyspan uitgedraf.

Die manne het hard geoefen deur die jaar en kan met selfvertroue sê dat hulle gereed is vir die toernooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button