Afrikaanse Kultuurfees

Die jaarlikse Solidariteit Helpende Hand Afrikaanse kultuurfees word by die Richardsbaai Rugbyklub op 30 November aangebied.

Tradisionele vermaak soos volkspele, boeresport, potjiekos en sterkmankompetisies, sowel as skattejag en tombolatafels gaan feesgangers besig hou, terwyl almal sal kan smul aan lekkernye en tradisionele kosse soos koeksisters, toffieappels, spookasem, gemmerbier, biltong, vars produkte en wildvleis.

Plaaslike kunstenaars soos country sangeres Priscilla Rausche en ‘golden oldies’ treffer sanger Jaco Nortje sal ook by die fees te sien wees.

Die fees het ook sy eie Idols sangkompetisie en die wenner kan uiteindelik ‘n kontrak losslaan om ‘n CD op te neem.

Van babas tot oumagrootjies kan aan die onderskeie skoonheidskompitisies deelneem.

Potjie uitdagers word aangemoedig om in te skryf vir R20 en kan hul hul kos deur die dag aan feesgangers verkoop.

Stalletjies (teen R50 ‘n tafel) kan reeds van 7am opgeslaan word.

Vir meer inligting, kontak Susan Linde op 082 7207693.

Back to top button