Laerskool Randhart is 100 persent gereed vir die Graad Sewe leerders om terug te keer skool toe op 1 Junie.
Volgens die skoolhoof, Marlene Gerber, het hulle hard gewerk om die skool so veilig as moontlik te maak en om alles in plek te kry om te heropen.
“Elke onderwyser en leerder se temperatuur sal daagliks gemeet word en ons het ook ‘n isolasie blok vir diegene wie se temeprature te hoog is. Daar is ook sanitasiestaanders met handontsmettingsmiddels in elke klas,” het Marlene vertel.
Orals op die skoolgrond is daar Rantie-plakkate met die reëls op om leerders te herinner om hulle hande te was, om altyd hulle maskers te dra, om afstand tussen mekaar te hou en om in hulle arms te hoes.
“Die plakkate is daar om leerders te leer hoe om ons skool veilig en virusvry te hou,” het die skoolhoof gesê.
Die skool het ook onderwysers en leerders met Rantie-maskers voorsien.
“Ons is opgewonde om terug te wees en sien uit na dit wat voorlê. Ons kan nie wag om die leerders weer terug te verwelkom,” het Marlene gesê.





