Community AnnouncementsEntertainmentLifestyleNews
Jamneck laat Rynpark lekker lag
Gerrie (Jammies) Jamneck het onlangs by Rynpark 1, in Pretoria Weg, Rynfield, opgetree.

Op 29 April is hy verwelkom deur ‘n groot gehoor, almal gereed vir vermaak.
Jamneck het begin met ‘n paar grappige stories, geinspireer deur sy verlede.
Tydens die stories het hy sy unieke talent, om treine, vliegtuie, karre ensovoorts, se klanke na te boots, ten toon gestel, en is tegemoet gekom met applous.
Hy het op die klavier gespeel as deel van sy optrede, en hoewel dit ook by die komedie aangesluit het, het hy die gehoor goed beïndruk met sy vaardigheid op die klavier.
Jamneck het sy nuwe album, “Jammies Jamneck …speel klavier, die Jammies manier”, waarop hy ou gunstelinge op klavier speel, na die optrede bekendgestel.



