Local newsNews

Wenbriewe: Ma, jy is die beste

Hier is die wenners van ons Moedersdag leesers kompetisie.

Julle het hul lofsange gesing en ons het gelees.

Juanike van Rooyen en Natasha van Niekerk, van Benoni, se inskrywings vir die Benoni City Times se Moedersdag leesers kompetisie is as die wenbriewe geselekteer.

In net 50 woorde het dié twee dames aan ons hartsnare getrek met hul beskrywings waarom hulle ma’s die pilare van die gesin is.

Natasha, die wenner van ‘n R500 geskenk bewys van Grid and Grill, in Rynfield het geskryf:
My mammie is die beste ma in die wêreld. Met haar raakvat hande staan my rots altyd reg met ‘n bord kos en reg om ‘n plek van veiligheid te skep. Sy het ons al deur moeilike en goeie tye gedra. Sy is ‘n ystervrou wat diep lief het.

Die wenner van die R200 geskenk bewys van @The Bistro, Juanike het geskryf:
My ma is die rede vir my bestaan. Sy het ‘n hart van goud, ‘n aansteeklike lag en liefde wat vloei soos watervalle. Wanneer sy my omhels voel ek veilig en warm, soos onder ‘n verhitte kombers op ‘n yskoue wintersaand.

LEES OOK: KYK: 100 kersies vir tannie Bettie

LEES OOK: Sluit aan by dié Volkspelelaer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button