LettersOpinion

Sny die gras

Pastoor Robbie Scheepers skryf:

Kan daar nie iets gedoen word aan die Crystalpark Polisiestasie nie?

Stuur u briewe na bctletters@caxton.co.za.

Ons moet trots wees op ons polisiestasie.

Buite die polisiestasie is daar gemors wat teen die draad lê en die grasperk is nie gesny nie.

Ons mense betaal om die grasperke buite ons erwe te laat sny.

Kan die bevelvoerder of iemand wat in beheer is kyk dat dit gedoen word?

Ons betaal belasting en vir ons Crystalpark mense is dit nie ‘n mooi gesig nie.

Ons moet trots wees oor ons omgewing.

Aanmerking van die redakteur:

Tryna Martiz, Crystalpark Polisiestasie woordvoerder, gee terugvoer: “Gedurende Maart 2016, het die Crystal Park polisie ‘n gesamentelike projek gehad met die GPF en ander gemeenskapslede.

Die lede het die gras gesny, asook die bome gesnoei en oordadige rommel verwyder.

Die persoon verantwoordelik vir die stasie se netheid van die perseel, is besig om die gras en bome in stand te hou.

Tans is die Crystalpark Polisiestasie netjies en skoon.

Lees ook: Start saving early for your retirement

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button