Schools

Geliefde meneer Nel tree af

Die hoof gaan sy aftrede saam met familie deurbring.

Francois Nel (57), hoof van Hoërskool Oosterlig, het al vir dekades ‘n ysterhand oor die skool gehad.

Nel is sy hele loopbaan van 34 jaar aan Oosterlig verbonde en gaan einde April sy kantoordeur vir die laaste keer agter hom toe trek.

Die geliefde hoof is in 1990 by Hoër Handelskool aangestel as ‘n gewone onderwyser. Handelskool het later ‘n naamsverandering na Hoërskool Oosterlig ondergaan.
Na ongeveer ses jaar in die onderwys is Nel aangestel as departemenstshoof ekonomiese en bestuurswetenskappe. In 2003 word hy adjunkhoof en in 2019 neem hy die leisels oor by die voormalige hoof, Pieda van Vreden.

Hy het die skool se heel eerste rugby- en krieketspan afgerig en was bekend vir sy deeglikheid as rekeningkundeonderwyser.

Bo en behalwe die afrigting van rugby en krietet, het Nel ook atletiek afgerig.

Paraat
Nel het nie op sy louere gerus toe hy as hoof aangestel is nie, en het steeds tyd gemaak vir sport, klasgee en terreindiens.

Hy het selfs steeds busdiens gedoen- met ‘n bus waar sy voorletters en verjaarsdagdatum toevallig op die nommerplate is.

Francois Nel by een van die skool se bussies wat toevallig sy voorletters op die nommerplaat het.

“Dit help nie jy sit net in ‘n kantoor nie. Ek het probeer soveel as moontlik betrokke wees,” het Nel gesê.

Vir hom was dit ‘n hoogtepunt in sy loopbaan om te sien hoe die skool groei.

“Toe ek begin skoolhou het was dit ‘n handelskool met ‘n handjievol leerders en nou is dit ‘n volgehoue akademiese skool.”

Verder is Nel trots op die manier waarop die skool die Covid-19 pandemie hanteer het.

“Ek onthou ons het tente opgeslaan waarin leerlinge klasgedraf het en hulle is ook toegang tot aanlyn onderrig gegee. Ons het baie hard gewerk in daardie tyd.”
Nel spog ook met die skool se uitstekende akademiese prestasies.

“In 2020 is Oosterlig aangewys as die top akademiese skool in Ekurhuleni-Suid. Van ons skool se onderwysers het ook hierdie jaar toekennings ontvang vir hul prestasies.
“Daar is ook talle van ons oud-skolliere wat nou hier skoolgee. Dit moet iets sê oor die manier van hoe ons dinge doen en dat hulle daarvan hou.”

In sy loopbaan het hy ook baie veranderinge ervaar in die onderwys.

“Tegnologie het radikaal verander en daar is nou meer hulpmiddels beskikbaar as voorheen,” het Nel bygevoeg.

Hier waar hy aan die einde van sy loopbaan staan spreek hy sy dank uit teenoor die skool se onderwysers, leerlinge en ouers.

Sy raad aan die jonger generasie is om hard te werk.

“Ek glo vas daar is nie ‘n ander geheim vir sukses behalwe harde werk nie.”

Nel beplan om tyd saam met sy familie deur te bring tydens sy aftrede.

Hy gaan ook lees en Lego-blokkies bou, iets waaroor hy passievol is.

Adjunkhoofde Christi Myburgh en Bryan Bradford sal om die beurt waarneem as hoof totdat die pos gevul is.

Lees Ook: Two cops leave Boksburg North SAPS

Leed Ook: Boksburg SAPS festive round-up

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button