Hoërskool Dr EG Jansen het weer ‘n goeie dag op die sportveld gehad teen Hoërskool Rustenburg in ‘n tuisstryd van die SDC Noordvaal Beker.
Die skool se eerste span het Rustenburg 48-21 die loef afgesteek nadat hulle agt keer agter die pale gekuier het.
Hulle het 24 in elk van die helfdes aangeteken.
Een van die skool se voorste driedrukkers Gerhard van Aswegen (steelkant flank) hierdie seisoen het weer sy staal in die stryd gewys.
Ander uitslae:
014A: EG 0-26 Rustenburg
014B: EG 15-10 Rustenburg
014C: EG 0-10 Rustenburg
015A: EG 19 -20 Rustenburg
015B: EG 33-19 Rustenburg
015C: EG 27-17 Rustenburg
016A: EG 5 -15 Rustenburg
016B: EG 7-18 Rustenburg
016C: EG 36-14 Rustenburg
Tweedes: EG 48-18 Rustenburg
Derdes: EG 28-12 Rustenburg.
Lees Ook: Bloed vloei tydens bloedskenkprojekte by EG Jansen en Concordia
Lees Ook: EG Jansen se hoof lê die tuig neer