Schools

Oosterlig tops in Ekurhuleni-Suid

Die skool het uitmuntende prestasies behaal in 2024.

Hoërskool Oosterlig is onlangs vereer tydens die Ekurhuleni South District 2024 Grade 12 Awards by Royal Schools Sky City vir die uitstekende uitslae wat die skool behaal het.

Die skool is tydens die geleentheid aangewys as die algehele top skool in Ekurhuleni-Suid.

Verder het die skool se Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal departemente onderskeidelik ‘n tweede plek in Ekurhuleni-Suid behaal.

Afrikaans Huistaal: Elzaan van Zyl.
Afrikaans Huistaal: Chantelle van Niekerk (nie meer by Oosterlig nie).
Engels Eerste Addisionele Taal: Mauriët Koekemoer.
Engels Eerste Addisionele Taal: Carol Smit.
Engels Eerste Addisonele Taal: Gillian Herron.

Die skool se lewensoriëntering- en ingenieursgrafika en ontwerp departemente het ook toekennings ontvang vir beste prestasie.

Lewensoriëntering: Leanne Anderson.
Lewensoriëntering: Maritzia Ellis.
Ingenieursgrafika en ontwerp: Yolanda Pretorius.
Ingenieursgrafika en ontwerp: Andrew Hayward.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button