Wessies ry voluit op opwindende bergfietsreeks
Die reeks bied leerders die geleentheid om in die buitelewe aktief te wees en waardevolle vaardighede op die fiets te ontwikkel.
Die Wessies van Laerskool Westwood het onlangs deelgeneem aan ’n nuwe bergfiets-inisiatief wat groot opgewondenheid onder die leerders veroorsaak het.
Die aktiwiteit word aangebied deur die Laerskole School Cycling SA Bergreeks, en beloof om jaarliks ’n hoogtepunt op die sportkalender te wees.
Op beplande Saterdae kom meer as 20 skole se fietsryspanne bymekaar om ’n unieke roete aan te durf. Van Graad R tot Graad Sewe leerders kry die geleentheid om deel te neem – ’n wonderlike manier om ’n gesonde leefstyl, spanbou en liefde vir die buitelewe aan te moedig.

Hierdie tipe aktiwiteit gee nie net kinders die kans om fiks te bly nie, maar ook om nuwe vriendskappe te bou en selfvertroue te versterk.
“Ons is trots dat die Wessies deel van die bergreeks is. Dit is ’n ervaring waar sport, natuur en pret hande vat,” het Anelle Myburgh, hoof van bemarking, gesê.’
Lees Ook: Westwood kondig leiers aan
Lees Ook: Karla maak Westwood weer trots



