Verskeie hokkiespelers van Laerskool Concordia het na die tweede rondte van die Oos-Gauteng hokkieproewe deurgedring. Agter: Isabella Janse van Rensburg, Miane Janse van Rensburg, Sjanri Botha en Skyleigh Burger. Voor: Mieke Pienaar, Tiffney van der Merwe en Zanel Venter. Die skool en afrigters het hul waardering uitgespreek vir die harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap wat elkeen van die spelers getoon het.