Hierdie prestasie word op ‘n puntesisteem bepaal, waar veelsydigheid en uitnemendheid bepalende faktore is.
Rhyno se prestasies vir die jaar sluit onder ander in: hy is aangewys as die tennisspeler van die jaar, die revue-seun van die jaar en ook die beste akademiese presteerder in graad 12.
“Rhyno is ‘n pligsgetroue en ambisuese leerling, wat ook die skool se Dux-leerling is. Hy het hom ook op sport en kulturele gebied as ‘n ware ambassadeer vir die skool voorgehou en is voorwaar die tipe leerling wat die skool as rolmodel wil voorhou,” het die hoof van die skool, George Nell, gesê.
Rhyno beplan om volgende jaar by Tukkies te gaan studeer. Hy wil graag ‘n veearts word.



