CrimeEditor's choiceNews

Gewonde kaper steeds op vrye voet

Die kaper wat verlede week weggekom het, toe hy en sy makker se kapingspoging lelik skeef geloop het, is steeds op vrye voet.

‘n 60-Jarige inwoner van Dalview het verlede Woensdagmiddag koelkop gebly toe hy deur twee motorkapers oorval is, en sy optrede het daartoe gelei dat een kaper in die hospitaal beland het en die ander een op die vlug moes slaan.

Kapt Joep Joubert het Dinsdagoggend (27 Mei) bevestig dat die kaper wat weggekom het steeds deur die polisie gesoek word.

Die booswig, wat die gekaapte voertuig bestuur het en verskeie kere raakgeskiet is, kon nie daarin slaag om op die vlug te slaan nie.

Hy is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.

Die naam van die inwoner van Alexandreastraat, wat die kapers geskiet het, is aan die Herald bekend, maar hy het versoek dat dit nie gepubliseer word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button