Community AnnouncementsNews

Anti-dwelm groep wil Kersdag spesiaal maak

“Brakpan people against drugs/dealers”, die groep wat hulself teen die gebruik en verspreiding van dwelmmiddels in die dorp beywer, beoog om op Kersdag ‘n Kerspartytjie by die Witpoort Rehabilitasie Sentrum, in Vulcania, te hou.

Tanja Swart, stigter van die groep, het gesê dat daar tydens die eerste optog wat die groep gehou het, mense was wat vrywillig na die sentrum gegaan het, nadat hulle hulp en bystand van die groep ontvang het.

“Die werk wat daar verrig word is prysenswaardig en ons wil graag op Kersdag iets spesiaal vir die personeel en die inwoners daar doen,” het Swart gesê.

Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om haar te ondersteun.

“Enige skenkings van kersversierings, kos, lekkergoed, koeldrank en self geskenkies vir mans en vroue sal baie welkom wees,” het sy gesê.

Swart kan gekontak word by 072 693 8614.

Lees ook:

Optog teen dwelms stuur duidelike boodskap

Drank, dwelms en slegtigheid speel ‘n rol

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button