Nog ‘n titel vir Ericia
Daar is geen keer aan die 11-jarige Ericia van den Berg wat deesdae die een skoonheidstitel na die ander inpalm nie.
Dié jong skoonheid het onlangs aan die Miss Teen SA Universal 2015 kompetisie, in die ouderdomsgroep 10 tot 12 jaar deelgeneem.
Ten spyte van sterk mededinging het sy die kroon voor die neuse van talle ander deelnemers opgeraap.
Ericia moes haar beste voetjie voorsit in beide die “smart casual ramp-” en “evening wear ramp-” afdelings en sy moes haarself ook voorstel en vrae beantwoord.
“Die kompetisie was sterk, maar sy het weereens bewys dat sy nie terug staan vir die ouer deelnemers nie,” het haar trotse ma, Adri van den Berg gesê.
Ericia het op die aand die “best dressed smart wear” toekenning ontvang en is aangewys as die Pre-teen Miss South Africa Universal 2015.
Hierdie titel gee haar die geleentheid om volgende jaar in Mei, Suid-Afrika te verteenwoordig in die Little Miss World kompetisie, wat in Turkye gehou word.
Lees ook:



