Editor's choiceLocal newsNewsUpdate
Opvolg: Watermaster werk nou weer
Een van die stabiliseerders van die masjien het onklaar geraak en is nou herstel.
Herstelwerk aan die Watermaster, wat die hiasinte uit die Brakpan Dam moet verwyder, is nou voltooi en die masjien het vanoggend (Maandag) weer begin werk.
Een van die stabiliseerders van die masjien het onklaar geraak en is nou herstel.
Die proses om die hiasinte, wat die dam totaal toegegroei het, te verwyder is so pas hervat.
Die hope hiasinte wat reeds verwyder is, word eers gelaat om droog te word voordat dit na die Brakpan kompos fasiliteit geneem sal word.
Lees ook:
Watermaster sal binnekort weer werk
Lugfoto’s wys enormiteit van die hiasinte probleem
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



