
Diewe het Vrydagnag vir die tweede keer binne ’n kort tydperk by die klubhuis van die Just Wheels Motorklub, wat in Kitzingerlaan geleë is, toegeslaan.
Die deur van ’n skeepsvraghouer, wat op die perseel vir stoorplek gebruik word, is oopgebreek en verskeie items soos ’n hekmotor, voertuigparte en ’n gedeelte van ’n ou sinjaal is gesteel. Die booswigte het ook sowat 150 staalpaaltjies, wat by die jaarlikse motorskou gebruik word, weggedra.
“Die diewe het die deur weer mooi toegemaak en ’n baksteen daarteen geplaas sodat geen verbyganger onraad sou kon vermoed nie,” het Bart Zaayman van die Just Wheels Klub gesê.
Sowat ’n maand gelede is die einste vraghouer ook oopgebreek en is tuingereedskap van die klub, insluitende die grassnyer en kruiwa, asook ander waardevolle items gesteel.
Beide die voorvalle is by die SAPD aangemeld.
Lees ook:
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



