
Diewe, wat Sondagnag stukkies koperpyp en krane by ‘n kleuterskool gesteel het, gaan waarskynlik ‘n minimale bedrag daarvoor kry, in teenstelling met die groot ongerief wat dit veroorsaak.
Kleuterland Kleuterskool in Stoffberglaan was Sondagnag vir die derde keer die teiken van diewe wat vir groot ongerief en skade sorg.
Die oortreders het deur die loop van die nag toegang tot die perseel gekry en die dun koperpype by twee buitekrane, asook die koperkrane gesteel.
‘n Woordvoerder van die kleuterskool het aangedui dat diewe twee maande gelede ook skade veroorsaak het toe koperpype en krane gesteel is.
“Ons het die skade reggemaak en ‘n week daarna het die diewe hulself maar weer kom help,” het Rethea Smit gesê.
“Sondagnag was dit die derde keer dat ons perseel geteiken is.”
“Die diewe verkoop die bietjie koper wat hulle kry vir ‘n paar rand, maar ons moet die ongerief verduur en onkostes aangaan om dit elke keer te herstel,” het Smit bygevoeg.
Lees ook:
Opvolg: Twee wat by skool inbreek verskyn in hof, skoolhoof bedank SAPD (grafiese foto)
Ma en kleuter getraumatiseer deur grypdief
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



