Editor's choiceNewsSchools

KYK: Brakpan matrikulant met nege onderskeidings gee raad

Frik se suster, Roné, het in 2016, soos haar jonger broer, ook nege onderskeidings in matriek aan die Helpmekaar Kollege behaal.

Die vreugdevure het Dinsdag hoog gebrand in die Coetzer-huishouding in Larrendale toe Frik Coetzer (18) sy matriekuitslae van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) ontvang het.

Dié uitblinker, wat ’n leerder van die Helpmekaar Kollege in Johannesburg was, het met ’n allemintige nege onderskeidings geslaag.

Die vakke waarin hy die onderskeidings behaal het is: Afrikaans huistaal, Engels huistaal, Duits tweede taal, wiskunde, gevorderde wiskunde, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika- en ontwerp, inligtingstegnologie en lewensoriëntering.

Frik het boonop vir heelwat van die vakke ’n hoë 90 persent gemiddeld verwerf en was een van die top presteerders van Helpmekaar Kollege.

Benewens sy volgehoue akademiese prestasies het Frik gedurende sy skoolloopbaan ’n goue medalje in die Eskom Wetenskap-ekspo se internasionale kompetisie behaal en was hy ook gedurende graad elf en twaalf die “Robotix”-mentor van die skool en die “Local Area Network” (LAN)-kaptein.

Hy het ook in graad elf die Amerikaanse SAT-toelatingseksamen, asook die Duitse DAF B1-toelatingseksamen, met lof geslaag.

“Om in Brakpan te bly en in Johannesburg skool te gaan verg ongelooflike en soms onmenslike opoffering en deursettingsvermoë, maar dit was vir ons hele gesin ’n wonderlike voorreg om vir die afgelope agt jaar verbonde te wees aan so ’n uitsonderlike instelling,” het Lanie Coetzer, Frik se trotse ma, gesê.

Frik se suster, Roné, het in 2016, soos haar jonger broer, ook nege onderskeidings in matriek aan die Helpmekaar Kollege behaal.

“Die skool bied meer as net akademiese opleiding, maar omvat ook ’n besondere waardestelsel gekoppel aan bykans 100 jaar se tradisie,” het Lanie bygevoeg.

Frik het aangedui dat hy hierdie jaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.

“Ek hoop om my talente en kennis aan te wend om werklik ’n verskil in mense se lewens en in hierdie wêreld te maak,” het Frik gesê.

Lees ook: Matric survival tips for parents and learners

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button