Hoërskool Stoffberg se Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) vir 2020 is onlangs aangewys.
Twee leerders word aan die begin van die jaar demokraties uit elke klas verkies wat daarna saam met die dissiplinêre komitee die VRL vorm. Hierdie twee leerders tree as leiers in hul voogklas op en is behulpsaam met take soos roosters opstel, administratiewe pligte en algemene organisatoriese hulp in die voogklas.
LEES: Lang gewag vir matrieks is verby
Die algemene doel van die VRL is om eenheid tussen leerders te bou, behoeftes van alle leerders aan te spreek, leerders in te lig oor gebeure in die skool en die gemeenskap asook om goeie verhoudings tussen alle belangegroepe te bevorder.
Die VRL vorm dus die skakel tussen die leerders, die personeel en die beheerliggaam.

Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



