Local newsNews

Blink wiele rol in by Just Wheels se eerste opedag vir 2025

Die klub se volgende opedag vind op 23 Februarie plaas.

Die Just Wheels Motorklub se eerste opedag vir 2025 was Sondag ’n groot sukses met honderde mense wat dit besoek het.

Verskeie Japanese fabrikate was te sien by Die `Jap Day’ met motoreienaars van sovêr as Sasolburg en Pretoria wat hul voertuie uitgestal het.

Behalwe vir die Japanese fabrikate was daar ook ‘n groot verskeidenheid ander voertuie wat die besoekers van nader kon besigtig.

‘n Rooi Ferrari, ’n pikswart Lamborghini en ’n rare Excalibur was onder die voertuie wat die koppe laat draai het.

Vermaak deur die loop van die dag en ’n groot aantal stalletjies, wat ’n verskeidenheid goedere te koop aangebied het, het bygedra tot ’n feestelike atmosfeer.

Die klub se volgende opedag vind op 23 Februarie plaas.

Lees ook: Jong hengelaars laat die katrolle sing

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button