
Met verwysing na die brief in die Herald van 30 Augustus (Smouse en bedelaars pla motoriste erg).
Ek wil graag vir Lalie Boshoff drie hoera’s gee vir haar brief in die Herald verlede week.
Ek ry ook elke dag daardie pad werk toe en terug en kan nie glo dat smouse en bedelaars daar toegelaat word om motoriste se treiter nie.
Ek verwys veral na die persoon wat gereeld met ‘n groot spieël in die hand staan.
Die weerkaatsing van die son in daardie spieël is soms so erg dat dit ‘n mens totaal verblind.
Dit is uiters gevaarlik.
Daar moet heeltemal weggedoen word met smouse en bedelaars by besige kruisings.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.