
Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 6 September (Fietsryer sterf terwyl hy oefen).
My seun was op 24 Mei vanjaar in Athlonelaan in ‘n ongeluk. Daar was ‘n swart motorfiets betrokke maar dié persoon het bloot weggejaag. My kind is die volgende dag oorlede.
Dit is baie hartseer om te dink dat ‘n mens so laag kan daal om weg te ry van ‘n ongelukstoneel, asof niks gebeur het nie.
My seun was 31 jaar oud en het twee kinders wat nou sonder ‘n pa gaan groot word. Daardie persoon wat weggery het moet net onthou dat ons nog elke dag hartseer is en verdriet beleef.
Daardie persoon moet oppas dat hy nie selfde pad gaan loop nie en miskien tref dit, wat hy aan my kind gedoen het, hom eendag.



