LettersOpinion

Plakker probleem kan gestuit word

Ferdinant Gouws skryf per e-pos:

Met verwysing na die voorblad berig van 18 Oktober (Growing by the day).

Die foto’s spreek boekdele. Ek ry elke dag verby die plakkerskamp, omdat ek in Benoni werk en ek het deur die jare gesien hoe dit daagliks gegroei het.

Die Google Earth foto’s toon baie beslis die groeiende probleem en as dit nie die metro laat regop sit nie, sal niks nie.

Die omstandighede waarin hierdie mense woon is haglik. Daar is geen sanitasie en geen lopende water nie. Die plek moet baie onhigiënies wees.

Ek sien baie jong kinders daar. Dit is werklik nie ‘n ideale plek vir ‘n kind of enige persoon om te woon nie.

Maar die probleem kan baie, baie maklik opgelos word. Hierdie mense moet verbied word om plastiek by die Weltevreden Stortingsterrein bymekaar te maak.

Die persone wat die plastiek by hulle koop (sekerlik teen minimale vergoeding) moet ook voor die stok gery word. Hierdie mense word gedwing om in vieslike omstandighede ‘n paar randjies te verdien om aan die lewe te bly.

Die metro gaan baie beslis nie maklik van die probleem ontslae raak nie. Daar is duidelik honderde mense wat reeds daar woon en om almal te verskuif gaan geen maklike taak wees nie.

Ek gun vir almal ‘n plekkie onder die son, maar hierdie plakkerskamp is werklik by een van die hoofingange tot ons dorp.

Ek is baie dankbaar dat ek nie in die omgewing woon nie. Ek wonder ook net hoeveel van die mense wat daar woon dalk onwettige immigrante is. Miskien sal dit ‘n goeie idee wees om solank die mense vas te vat, dan sal daar baie minder wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button