
Ons wil graag ons dank aan die DBV van Brakpan betuig na die hulp wat ons van hulle ontvang het.
Ons is onlangs uit ons huis gesit en die DBV het tot ons redding gekom, deur ons honde vir sewe dae te versorg, totdat ons ‘n tydelike blyplek kon kry.
Tans woon ons by vriende, wat ook hulle deur vir ons oopgemaak het.
Ons diere is darem ook weer by ons, maar ons moet, ongelukkig, alternatiewe blyplek vir hulle kry, want ons sukkel om blyplek te kry en kan op die oomblik nie bekostig om hulle te hou nie.
Die mense van die DBV moet bedank word vir al die harde en goeie werk wat hulle doen.
Ons wil ook graag die Jacobs gesin bedank vir dit wat hulle vir ons gedoen het.



