LettersOpinion

Ma gil vreeslik op kinders

"Inwoner", Minnebron skryf:

Ons woon die afgelope 14 jaar in Roeties van den Bergstraat en die dag toe ons nuwe bure (omtrent vier maande gelede) ingetrek het, het alles verander. Ek dink die vrou se man werk weg, want hy kom net so nou en dan, op ‘n naweek, huis toe.

Dit moet haar seker baie kwaad maak, want sy haal al haar woede op haar twee kinders, wat so drie en vyf jaar oud is, uit. As haar oë in die oggende oop gaan begin sy vir die kinders skreeu. Selfs al is sy nie vol van woede nie praat sy so hard met hulle dat my hond skoon weg hardloop. My huishulp, wat redelik oud is, maar baie wysheid het, het al vir my gevra of ek nie iets kan doen nie.

Ek glo darem nie die kinders lei honger nie, want ek hoor gereeld hoe sy vir hulle gil om hulle kos op te eet. Snaaks genoeg, wanneer haar man hier is (ek weet wanneer want ek sien sy voertuig) dan is sy doodstil.

Ek glo sy is dan so uitgeput van al die geskreeu dat sy die hele naweek slaap. Nee wat mevrou, ek glo nie jou kinders is doof nie, want hulle huil as jy so vreeslik gil, so hulle moet jou hoor. Ons ken baie mense in naby geleë huise omdat ons al lank hier bly, en almal wil al iets oorkom oor die vrou se vreeslike gegillery. (Brief verkort)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button