
Inwoner skryf per e-pos:
Daar was onlangs ’n hoofberig op die Herald se voorblad. (Bejaardes voel onveilig, 1 April)
Daar is al verskeie briewe gerig en in die Herald gepubliseer rakende hierdie situasie, maar die Tweedy Park kompleks se veiligheids kwessie is nog steeds nie opgelos nie.
Onderwyl sommiges van die dorp veilig in hul tuistes bly, lewe ons bejaardes in vrees.
Ironies hoop alle partye gewoonlik om voor die munisipale verkiesing soveel moontlik stemme te werf, maar word daar ooit weer daarna aan hierdie tipe kwessies gedink nadat die verkiesing verby is?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



