Hondjie in warm kar toegesluit
Erna Stoltz, Brakpan-sentraal, skryf: Daardie mense behoort ingelig te word oor dieremishandeling en die gevolge daarvan.

Erna Stoltz, Brakpan-sentraal, skryf:
Ek wil net sê hoe kwaad en teleurgesteld is ek in die mense wat die blou Opel Corsa ry en wie Sondag hulle klein hondjie in die warm kar gelos het by die Mall@Carnival.
Met die hulp van vele mense het ons die hondjie eers na sowat ‘n halfuur uit die kar gekry.
Teen dié tyd het die ouerige hondjie se tong al uitgehang.
Ek het intussen die sekuriteit gaan soek en toe ek terug kom by die kar, was die mense reeds weg met die hond en al.
Dit is ‘n skande dat mense so wreed kan wees!
Daardie mense behoort ingelig te word oor dieremishandeling en die gevolge daarvan.
Lees ook:
Hond getraumatiseerd nadat inbrekers hom seermaak
Twee mans in die sop na hul met hondjies in die kroeg wil kuier
Volg ons:



