Editor's choiceLettersOpinion

Ons huise het ons tronke geword

Gert Erwee, Dalpark, skryf: Waar is die jare toe ons kinders nog saans tot laat in die straat kon speel en kafee toe kon loop?

Gert Erwee, Dalpark, skryf:

Met verwysing na die berig in die Herald van 2 Junie (Moenie nalatig wees nie).

Ek het groot waardering vir die werk wat die SAPD doen om die inwoners van die dorp veilig te hou.

Waarvoor ek nie waardering het nie, is vir die feit dat ek soos ‘n gevangene in my eie huis moet bly. Ons huise het ons tronke geword.

Waar is die jare toe ons kinders nog saans tot laat in die straat kon speel en kafee toe kon loop?

Nou moet ek, voor dit donker raak, sorg dat my vrou en kinders en die honde binne in die huis toegesluit word.

Ek mag nie mooi tuinmeubels of ornamente buite hê nie want dit lok diewe. Ek moet elke keer as ek iets hoor op die sekuriteitskameras, wat my huis omring, kyk.

Snags slaap ek nie meer rustig nie, al het ek veiligheidshekke en diefwering en ligte en ‘n alarm.

Ek wys nie vingers na enigiemand nie, want ek mag nie – ek sê maar net dat ons in ‘n situasie beland het waarvoor ons nie gevra het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button