Ek wil graag vir die publiek (daar is net ’n paar vrot appels) versoek om op te hou om rommel by die 4×4-baan, wat agter die Muriel Brand Skool geleë is, te stort.
Ons is ’n paar mense wat elke naweek daar moet gaan skoonmaak en ons betaal uit ons eie sakke. Ons moet ook baie van ons eie tyd opoffer om elke naweek ander mense se rommel te gaan optel.
Ons probeer die baan skoon en netjies hou en telkens kom ons iemand teë wat besig is om onwettig daar te stort.
Die Brenthurst mini-stortingsterrein (wat aan die baan grens) aanvaar nie bourommel nie, maar dit is dan geen verskoning om die rommel op die baan te gaan stort nie.
Ons sal dit voortaan oorweeg om oortreders te rapporteer sodat boetes, volgens munisipale wetgewing, opgelê kan word.
Daar moet in ag geneem word dat die baan jaarliks gebruik word om fondse vir Muriel Brand Skool in te samel.
Die baan word vir liefdadigheid aangewend en ons versoek net dat mense dit asseblief in ag sal neem.
Ek doen ook ’n beroep op die publiek om onwettige storting te rapporteer.
Hoe meer mense onwettige storting rapporteer hoe gouer sal ons ons dorp weer op standaard kan kry, maar dan moet almal saamwerk.
Ek versoek ook die publiek om die 4X4-baan te respekteer, want instandhouding van die baan is nie goedkoop nie.
Lees ook: Brakpan Gemeenskapspolisiëringsforum wil impak maak op misdaad
Blink wiele beïndruk besoekers by Just Wheels opedag
Twitter introduces #280characters
Follow us:



