
Die Ekurhuleni Metro het sy kant van die saak gestel nadat ‘n brief van Ina de Jager oor die toestand van die Brakpan begraafplaas en die diefstal wat daar plaasvind onder hul aandag gebring is. (Grafte word geplunder).
Die kommentaar wat van Brian Mchunu, senior media offisier van die Metro ontvang is, is soos volg:
Ten opsigte van die lang gras is daar ‘n kontrakteur wat een keer ‘n maand instandhoudingswerk doen. Die gras is in Desember gesny en sou weer op Maandag, (15 Januarie) gesny word.
Ten opsigte van die sekuriteit: Daar was wel voorheen sekuriteitswagte en die Metro is in die proses om die sekuriteit weer in plek te kry. Die sigbaarheid van sekuriteitswagte sal voorvalle van vandalisme en ander kriminele aktiwiteite in die begraafplaas beperk.
Lees ook:
AfriForum se visier steeds op die begraafplaas
AfriForum wil begraafplaas regruk
Metro fokus om probleemareas skoon te kry



