Editor's choiceLettersOpinion

Kyk video: Adele stap die pad met nuwe gidshond

Adele, wat in Dalpark woon, en haar nuwe gidshond se paaie het in Desember gekruis en die twee is sedertdien onafskeidbaar. 

Daar was onlangs groot opgewondenheid in Adele Steenkamp (44), ’n blinde inwoner van die dorp se lewe, toe sy vir haar vyfde gidshond gekwalifiseer het.

As gevolg van ’n oogsiekte wat sy opgedoen het, het die vriendelike vrou haar sig op die ouderdom van 16 verloor.

Adele werk tans as ’n kwaliteitsbeheerfasiliteerder by ’n groot finansiële instelling.

“Die grootste bydrae wat ’n gidshond maak is om vir ’n mens onafhanklikheid en vryheid te gee,” vertel Adele.

Opal is ’n pragtige Labrador kruising.

“Ek werk vir Standard Bank in Simonstraat, Johannesburg. Die gebou is groot maar Opal lei my met gemak daar rond. By die roltrappe op en af en om mense,” het Adele verduidelik.

Ten spyte van haar gebrek is Adele dol daaroor om te lees en musiek te luister. Sy het ’n program op haar rekenaar wat dit vir haar moontlik maak om te lees. Sy geniet dit ook om saam met haar kinders, Donique Carrega (19) en Tenille Steenkamp (10), op uitstappies te gaan.

Lees ook: In die kollig

“Opal het tot dusvêr verskriklik baie vir my beteken. Sy is my vyfde gidshond maar elkeen is uniek.”

Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging is in 1953 deur ’n blinde vrou van Engeland, Gladys Evans, tot stand gebring. Honde met sekere genetiese eienskappe word geteel, waarna hulle dan as gidshonde opgelei word.

Opal is by die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging se opleidingsfasiliteit in Paulshof, Sandton opgelei.

Elke baba gidshond spandeer die eerste jaar van opleiding in die huis van ’n vrywilliger “puppy raiser” waar die hondjie sosiaal aanpasbaargemaak word.

Wanneer die hond 12 maande oud is keer dit terug na die Gidshondvereniging waar dit ’n verdere ses maande van meer gevorderde opleiding, deur ‘n instrukteur ondergaan.

Die eienaar van die nuwe gidshond ontvang eers twee weke opleiding saam met die hond by die Gidshondvereniging se fasiliteit waarna daar addisionele opleiding by die persoon se huis en werk plaasvind.

“Om ’n gidshond te besit is ’n lewensveranderende ervaring vir iemand met verswakte sig. Dit is beslis ’n ‘alles-insluitende’ pakket van onafhanklikheid, mobiliteit en kameraadskap, het Pieter van Niekerk, hoof publisiteitsbeampte van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging gesê.

• Persone wat meer inligting verlang kan die webtuiste by www.guidedog.org.za besoek.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button