LettersOpinion

Eerste Brakpan Parkrun beïndruk

'n Gesin in Brakpan het die eerste parkrun gate uit geniet en reeds nuwe vriende ontmoet.

Amanda Eloff, Dalview skryf:

Ek, my man en twee dogters het Saterdag Brakpan se eerste Parkrun gaan ondersteun. Ons het voorheen die Boksburg en Springs Parkrun geniet, maar omrede ons in Brakpan bly is dit vir ons baie lekkerder en nader.

Ons kinders is sewe en 11 jaar oud en ons geniet die oefening wat ons inkry saam as ’n gesin. Ek moet sê ons was wel ’n bietjie skepties, maar aan die einde van die oggend was ons baie ingenome.

Die organiseerders het goeie werk gedoen en ons kon onsself geniet.

Vir die mense wat dit nog nie gedoen het nie kan ek net sê: skakel in by die volgende een. My man en kinders was redelik fiks maar ek nie. Nou kan ek al by hulle bly en ek het ook gewig verloor. Ek voel regtig goed.

Ons het ook al vriende gemaak en ek moet noem dat die kinders dit net so baie geniet.

Lank lewe die Brakpan Parkrun

Lees ook: Brakpan parkrun kicks off tomorrow

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button