LettersOpinion

Vrou sorg dat bejaarde handsak terug kry

Dit is goed om te weet dat daar nog eerlike mense in ons gemeenskap is.

Rika van der Mescht skryf per e-pos:

Ek wil baie graag ’n persoon wat verlede week gesorg het dat ek weer vertroue in ons mensdom gekry het, bedank. Ek het die afgelope tyd maar baie skepties geraak.

My bejaarde ma (sy is 82) het verlede week na die Mall@Carnival gegaan en het die publieke toilet gebruik.

Sy het haar handsak op die vloer neergesit en vergeet om dit te vat toe sy geloop het.

’n Vrou wat na haar ingegaan het, het die handsak gesien en agter my ma aangehardloop om dit aan haar terug te besorg.

Daar was ’n beursie met meer as R1 000 kontant, ’n selfoon, medikasie en ander persoonlike besittings in daardie handsak.

My ma het nooit gevra wie die vrou was nie so ek hoop van harte dat sy hierdie brief sal lees.

Lees ook: Vrou wat handsak in toilet vergeet kry verrassing

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button