
Met verwysing na die brief in die Herald van 9 November (Leeglêers laat vroue uit begraafplaas vlug).
Ek bly naby die begraafplaas en sien gereeld hoe mense, wat nie daar hoort nie, net daar rondhang.
Maar wat ek eintlik wil sê is dat lede van die Brakpan GPF Sondag op hul pos was om mense, wat grafte wou besoek, te vergesel.
Die GPF lede verdien ’n groot dankie. Hulle offer hul eie tyd op sodat mense hul geliefdes se grafte kan besoek en steeds veilig wees.
Ek haal my hoed af vir julle.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



