Staking is ’n bitter pil om te sluk
Dit is baie hartseer dat personeel wat veronderstel is om getrou te wees aan hul werk, so kan optree.
Alice Mynhardt van Dalpark skryf:
Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 23 November (Staking by San Michele verby).
Dit is vir my baie hartseer en erg dat personeel wat veronderstel is om getrou te wees aan hul werk, so kan optree.
Hulle het seker geweet dat hul optrede (die staking) ’n groot impak op die versorging van die inwoners sal hê.
Maar nee, hulle sal net aangaan en nie omgee oor die nagevolge nie.
Ek wil vir almal wat gaan help het baie dankie sê dat hulle hulle moue opgerol het en nie gehuiwer het om ’n verskil te maak nie.
Dit is hartseer dat iemand gesterf het, of dit nou te wyte aan die staking was of nie.
My gebede gaan uit na die bestuur van die tehuis. Julle mense doen wonderlike werk en sal geseën word.
Lees ook: Muskiete dra inwoners weg
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



