Sonde met die bure
Sommige bure maak dit behoorlik onaangenaam vir ander inwoners.
Inwoner, Brakpan-sentraal skryf per e-pos:
Met verwysing na die brief in die Herald van 11 Januarie (Goor bure verander die vakansie in hel).
Ek weet net hoe voel daardie mense want ons het dieselfde probleem gehad. Ons probleem is net groter, want ons het dit elke naweek.
Dit help nie om mooi met die mense te praat nie, dit help nie om die polisie te bel nie, net niks help nie.
Hulle het verlede week ‘n boom wat in hulle erf staan se takke afgesny en oorgegooi in ons erf. Toe ons dit terug gooi is ons gevloek.
Om die vrede te bewaar het my man dit maar weggery. Ons bly al ses jaar lekker in ons huis maar vandat hierdie mense agt maande gelede ingetrek het kan ons net nie meer nie.
Ons weet regtig nie meer wat om te doen nie.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



