
Adriana Vermeulen, Dalview skryf per e-pos:
Ek het Sondag iets gesien wat ek graag met ander mense wil deel want dit was baie spesiaal.
Ek en my man was op pad na Springs om iemand te gaan haal. Ons het by ’n kitskos restaurant stilgehou om gou ontbyt te eet.
’n Baie netjiese man het ingestap en kos bestel en na ’n rukkie het twee jong mense, wat baie gehawend gelyk het, ook ingestap.
Die man het vir die twee mense gesê waar hulle moet sit en dat hulle kon bestel net wat hulle wil hê.
Dit was duidelik dat die twee jong mense haweloos is, of onder baie moeilike omstandighede woon.
My man en die weldoener het aan die gesels geraak en hy het toe verduidelik dat hy die twee mense gesien bedel het.
Hulle het hom gevra vir geld om iets te koop om te eet. Hy het daarop besluit om vir hulle kos in die restaurant te laat eet.
Die twee jong mense was voor ons klaar en het die man kom bedank vir die ete. Die vrou het opgemerk dat sy maande laas ’n ordentlike bord kos gehad het.
Ek haal my hoed af vir die man. Ons lees en sien daagliks soveel negatiewe dinge en moord en hartseer.
Dan kruis jou pad met ’n persoon met ’n goue hart en jy skep sommer weer ’n bietjie moed.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



