Jong vrou het rede om te glimlag
Ek het daar uitgestap en jammer, maar ook kwaad vir haar gevoel.

Bettie Muller skryf per e-pos:
Ek is 65 jaar jonk. Ek was Saterdag by ’n winkel in die dorp om ’n Lotto kaartjie uit te neem.
Die meisie agter die toonbank was niks ouer as 19 jaar nie.
In die tyd dat sy my gehelp het, het sy seker vier keer gesug. Nadat ek haar vriendelik gegroet het, het sy iets gemompel.
Ek het daar uitgestap en jammer, maar ook kwaad vir haar gevoel.
Ja, die lewe is nie vir almal maklik nie, maar sy het ’n werk, sy is nogal mooi en sy lyk gesond.
Is dit nie genoeg rede om met ’n lied in jou hart wakker te word en met ’n glimlag deur die lewe te gaan nie?
Ek hoop die Herald publiseer my brief, want ek wil dit uitknip en sommer net op die toonbank by haar werkplek gaan laat.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



