Valke junior liga afgehandel
Daarna het die naelbyter finale, waar tellings in sommige wedstryde met slegs ’n punt verskil het, die seisoen op ’n hoë noot beëindig.
Die Brakpan Rugbyklub het onlangs die Valke junior rugbyklubs se liga uitspeelwedstryde op Bosman Stadion aangebied.
Vriend en vyand het mekaar aangedurf om as Valke wenners gekroon te word.
Nege junior rugbyklubs, in die ouderdomsgroep van o-9 tot o-13, het van regoor die Valke Unie streek op die dag kragte gemeet.
Brakpan, Boksburg, Benoni, ERU, Kempton, Meyerton, Springs, Suikerbosrand en Vereeniging het in die halfeindstryde geworstel om ’n plek in die onderskeie eindstryde te verseker.
Daarna het die naelbyter finale, waar tellings in sommige wedstryde met slegs ’n punt verskil het, die seisoen op ’n hoë noot beëindig.
Die liga uitslae, na ’n dag van harde maar aanskoulike rugby, is soos volg:
• o-9A: Boksburg (wenner), Benoni (naaswenner), Brakpan (derde), Kempton (vierde).
• o-9B: Kempton (wenners), Brakpan (naaswenners), Benoni (derde plek), Boksburg (vierde plek).
• o-10: Boksburg (wenners), Brakpan (naaswenners), Springs (derde plek), Benoni (vierde plek).
• o-11: Benoni (wenners), Brakpan (naaswenners), Springs (derde plek), Vereeniging (vierde plek).
• o-12: Springs (wenners), Suikerbosrand (naaswenners), Vereeniging (derde plek), Benoni (vierde plek).
Brakpan en Meyerton se o-13 spanne het vir die ranglys posisies (log standings) uitgespeel.
Brakpan het goed gevaar en die wa deur die durf getrek om met ’n tweede plek in die liga te eindig.
Die liga aan die einde van die o-13 tot o-18 seisoen sien soos volg daarna uit:
o-13 Springs (eerste), Brakpan (tweede), o-14 Springs A (eerste), Springs B (tweede), o-15 Brakpan (eerste), Benoni (tweede), o-16 Brakpan (eerste), Springs (tweede), o-18 Springs (eerste), Boksburg (tweede).
Lees ook:
Cheers for 70-year-old Valke Rugby Union
Anker se sewes spelers vlieg hoog
Volg ons:




