Local sportSport

Die Anker sluit rugbyseisoen af

Die fokus skuif nou na die sewes, waar Die Anker in vier toernooie gaan deelneem.

Die Anker se rugbyspanne het Saterdag teen Hoërskool Pietersburg te staan gekom.

Die skole het mekaar behoorlik die stryd aangesê en harde wedstryde was aan die orde van die dag.

Die hoogtepunt van die dag was Die Anker se eerstespan wat ’n sege van 31-17 behaal het.

André Gates was aangewys as man van die wedstryd. Die linkervleuel het twee drieë gedruk.

Dit was ook die laaste 15-man wedstryd vir die jaar. Die fokus skuif nou na die sewes, waar Die Anker in vier toernooie gaan deelneem.


LEES OOK

Rugby preparations underway

Stoffies gaan SA’s toe vir skyfskiet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button