Local sport
Honderde junior rugbyspelers neem deel aan tweede massa rugbydag by Bosman Stadion
Die tweede toernooi in twee weke het goeie uitslae vir die junior spanne uit Brakpan Rugbyklub gelewer.
Junior spanne van die Brakpan Rugbyklub het op (Saterdag) 29 Augustus, behoorlik hul staal gewys tydens die tweede massa rugbydag wat by die Bosman Stadion aangebied is.
Spanne het mekaar ook verlede Saterdag die stryd aangesê in ‘n soortgelyke byeenkoms.
Saterdag het weer gesorg vir ’n opwindende rugbyfees, met liga- én vriendskaplike wedstryde tussen verskeie klubs.
Die jong Panne het met uitstekende spel en vasberadenheid uitgeblink en het ‘n rits oorwinnings aangeteken.

Onder die Panne se baniere was daar die volgende wenners:
- Die o13-span het in ‘n ligawedstryd teen Kempton gewen met ‘n telling van 41-0.
- Die o13-span het in ‘n vriendelike wedstryd teen die Edenvale Panthers 43-5 gewen.
- Die o9-span het teen die Springs Bobbies met 29-5 gewen.
- Brakpan se o10 se eerste span het 34-0 gewen, en die tweede span 14-12.
- Brakpan se o14 se eerste span wen ‘n liga wedstryd teen Suikerbosrand Jeug Rugbyklub 38-12.
- Brakpan se o14 se tweede span het hul wedstryd teen Vereeniging Rugbyklub 24-5 verloor.
- Die o18-span wen 33-7 teen die NWU span.





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



