Local newsNews

Glans-aand groot pret

Die unieke aand het aan inwoners die geleentheid gegee om mooi aan te trek en te ontspan.

Inwoners van Fochville kon die afgelope week van hul mooi klere vir ‘n prettige aand op die dorp afstof.

RE/MAX Gold het op Donderdag, 25 April ‘n unieke modeparade by die O’Lyf Gym gehou. Die tema was “The Great Gatsby Fashion Parade With a Twist” en besoekers kon volgens die klerestyl van die era waartydens die film afgespeel het, die 1920s, aantrek. Die besoekers kon ook foto’s by ‘n perfek gerestoureerde veteraan-Ford uit die 1920s neem.

Behalwe vir heerlike kos en baie trekpryse het leerders van Hoërskool Fochville ook model gespeel en onder meer sport- en aanddrag vertoon.
Dié modelle het baie professioneel gelyk op hul “loopplank”, wat ‘n roete teen die trappe op en weer af tussen die gaste was.

“Dit was nou regtig pret en ‘n baie goeie idee.

“Daar is so min sulke geleenthede waarheen mens hier by ons ‘n bietjie kan uitkom,” het een van die gaste opgemerk.

Die Fochviller Suzette Oosthuizen an Solidariteit Helpende Hand het die geleentheid gelei.

Besoekers kon hul ook by hierdie perfek gerestoureerde veteraanmotor, wat uit dieselfde era as die Great Gatsby-verhaal kom, laat afneem.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button